Griekeland

Helleense Republiek
Ελληνική Δημοκρατία
Ellinikí Dimokratía (Grieks)
Vlag van Griekeland Wapen van Griekeland
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Ελευθερία ή Θάνατος
Eleftheria i Thanatos
(Grieks vir: "Vryheid of Dood")
Volkslied: Ὕμνος εἰς τὴν Ἐλευθερίαν
Ymnos is tin Eleftherian
(Grieks vir: "Volkslied van Vryheid")
Ligging van Griekeland
Hoofstad Athene

37°58′N 23°43′O / 37.967°N 23.717°O / 37.967; 23.717

Grootste stad Athene
Amptelike tale Grieks
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Katerina Sakellaropoulou
Kyriakos Mitsotakis
Onafhanklikheid
• Griekse Onafhanklikheidsoorlog
• Verklaar
• Erken
• Derde Helleense Republiek
• Huidige grondwet
van die Ottomaanse Ryk
25 Maart 1821
15 Januarie 1822
3 Februarie 1830
24 Julie 1974
11 Junie 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
131 957[1] km2  (95ste)
50 949 myl2
1,51 (2015)[2]
Bevolking
 - 2017-skatting
 - 2022-sensus
 - Digtheid
 
10 768 477 (80ste)
10 482 487[3]
79,1[4] / km2 (133ste)
204,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$418,133 miljard[5] (54ste)
$39 478[5] (53ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2023-skatting

$239,300 miljard[5] (53ste)
$22 595[5] (44ste)

MOI (2021) 0,887[6] (33ste)  –  baie hoog
Gini (2020) 33,6[7](60ste) –  medium
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .gr
Skakelkode +30

Griekeland (Grieks: Ελλάδα = Elláda), amptelik die Helleense Republiek (Ελληνική Δημοκρατία, Ellinikí Dimokratía), is 'n republiek in Suidoos-Europa, bestaande uit die suidelikste deel van die Balkanskiereiland en 'n groot aantal eilande. Hierdie eilande vorm saam ongeveer 'n vyfde van die totale landoppervlakte van Griekeland.

Wit huise teen die blou agtergrond van die see. 'n Uitsig oor Oia op die eiland Santorini

Griekeland word dikwels as 'n land van berge en die see beskryf. Geen plek is verder as 80 kilometer vanaf die kus geleë nie, en dit is langs die kuslyn waar die meeste groot nedersettings ontstaan het. Sowat 'n derde van die Griekse bevolking is in Groter Athene saamgetrek, 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied wat uit die hoofstad en sy seehawe Piraeus bestaan. Ook Thessaloniki, die tweede grootste stad, is 'n belangrike seehawe vir sowel Noord-Griekeland asook die suidelike Balkanskiereiland. 'n Derde van die Griekse bevolking woon in kleiner landelike nedersettings.

Die natuurskoon van Griekeland kontrasteer met die swak grond wat landbouaktiwiteite beperk. Tradisioneel het baie Grieke 'n bestaan van vissery gemaak, en vis was al 'n belangrike stapelvoedsel vir die bewoners van antieke Griekse stadstate. Seevaart was ewe belangrik. In die bloeitydperk van klassieke Griekeland, vanaf 1000 v.C., het Griekse setlaars 'n groot aantal kolonies langs die kuste van die Middellandse See en die Swartsee gestig.

Vir 'n kort tydperk het die Makedoniese heerser Alexander die Grote in die 4de eeu v.C. selfs 'n Griekse ryk gestig wat vanuit die Donaurivier na die huidige Turkye en die Midde-Ooste en verder ooswaarts na die Indiese Indus-vallei gestrek het.

Daarnaas het die antieke Grieke belangrike bydraes tot die westerse filosofie, beeldhoukuns, argitektuur en literatuur gelewer. Die Griekse stadstate word as die bakermat van die westerse beskawing en sy demokratiese regeringstelsel beskou.

  1. (en) "Greece". Central Intelligence Agency. Besoek op 26 Junie 2023.
  2. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 26 Junie 2023.
  3. (en) "Αποτελέσματα Απογραφής Πληθυσμού – Κατοικιών 2021". Helleniese Statistieke Owerheid. 19 Julie 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
  4. (en) "Announcement of the results of the 2011 Population Census for the Resident Population" (PDF). Helleniese Statistieke Owerheid. 28 Desember 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 November 2013. Besoek op 26 Junie 2023.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Greece". Internasionale Monetêre Fonds. April 2023. Besoek op 26 Junie 2023.
  6. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 26 Junie 2023.
  7. (en) "Gini Index – Greece". Wêreldbank. Besoek op 26 Junie 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne